Een intekening vir die hele kerk.

Een prys vir die kerk, nie per gebruiker nie. Elke ampsdraer, elke kantoorpersoneellid en elke lidmaat is ingesluit.

Registreer jou kerkVersoek 'n demo

R995/maand per kerk. Geen kontrak, kanselleer enige tyd, 2-maande proeftydperk.

Die hele platform

Onbeperkte gebruikers, geen kontrak. Die register, pastorale sorg, boodskappe en finansies ingesluit.

Wil julle ook 'n webwerf vir die kerk hê? R1 495/maand vir alles, webwerf ingesluit.

Kan julle kerk dit nie bekostig nie? Praat met ons. Ons bedien baie kerke pro bono, en ons wys geen kerk weg nie.

R995/maand

Buite Suid-Afrika: $99 per maand.

Met die kerk se eie webwerf: R1 495 per maand.

Wat by die prys ingesluit is

Alles hieronder is deel van dieselfde intekening. Daar is geen modules om by te koop nie, en die prys hang nie af van hoeveel mense dit gebruik nie.

Admin

  • Lidmaatregister met doop en belydenis
  • Wyke en ampsdraers
  • Gesinne en huishoudings
  • Attestate: intrek en vertrek
  • Kerkraadsnotules, deursoekbaar in gewone taal vir julle ampsdraers
  • Verjaarsdaglyste en outomatiese verjaarsdag-SMS'e
  • Data-oorskuif in enige formaat, ons doen die invoer

Finansies

  • Dubbelinskrywing-grootboek
  • Bankstate ingelees (CSV, PDF, Excel)
  • Outomatiese klassifikasie met lidmaat-passing
  • Koevertbegroting per fonds
  • Dankoffers per lidmaat met jaarstate
  • Meer as een bankrekening

Bediening

  • Huisbesoek-notas met opvolge
  • Oproepe en gebedsversoeke
  • Pastorale triage: oop opvolge en wie die langste op 'n besoek wag
  • Diensroosters
  • Privaat notas, apart gehou
  • Ouderlinge sien slegs hul eie wyk
  • Bedieninge met hul eie dienaars en geselsies

Vir elke lidmaat

  • Die lidmaat-app: boodskappe, gemeentegids, nuus en kalender
  • Gereformeerde Intelligensie met bronverwysings
  • Die Bybel met grondtale en woordstudies
  • Gee vanaf die foon, met QR-kodes
  • Ingeboude gidse en 'n KI-hulpgesprek
  • Werk op enige foon, geïnstalleer vanuit die blaaier

Reformeer Plus

Gereformeerde Intelligensie is klaar vir elke lidmaat ingesluit. 'n Predikant, ouderling of lidmaat wat meer KI-toegang nodig het, gradeer self op na Reformeer Plus: hoër navraag-limiete, prioriteit-verwerking en die volle biblioteekleser, per lidmaat, geen kontrak nie.

R149/maand per lidmaat

Meer oor die KI

In hulle eie woorde.

“Die oorskuif vanaf ons vorige sisteem was eenvoudig en akkuraat, sonder enige lidmaatinligting wat deur die mat geval het. Goeie administrasie dra by tot goeie bediening, en daarvoor is ons Reformeer baie dankbaar.”
DirkGK Bloemburg
“Ek het gemaklik gevoel om te toets met die wete dat enige moontlike 'foute' herstel kan word. Reformeer is van enige toestel af bereikbaar, so die gemeente se inligting is altyd toeganklik. Die ondersteuning en kliëntediens is fenominaal.”
KarinGK Nelspruit
“Ons trek gemeentelyste binne sekondes, professioneel uiteengesit en reg vir gebruik. Die byvoeging en argivering van lidmate is vinnig en netjies, met 'n bewys van lidmaatskap wat outomaties gegenereer word.”
SanlieGK Brooklyn
“Reformeer bring administrasie, finansiële bestuur, pastorale sorg en kommunikasie saam in een kragtige platform, beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.”
DeonGK Rietvallei
“Die span loop die stelsel deur met ons kantoorpersoneel totdat elke werkvloei sit, en hulle vorm die program rondom wat ons kerk werklik nodig het.”
EllouisGK Centurion
“Reformeer is gebore uit die praktyk van die bediening. Ampsdraers hou die lidmaatdatabasis op datum, volg besoekers op en ontvang of skep attestate met een klik. Die jaarlikse statistiek is nie meer 'n nagmerrie nie. Ons beveel dit met die grootste vrymoedigheid aan.”
VictorGK Oranjerivier
“Ek is al vir 23 jaar betrokke by kerkadministrasie en het al baie inligtingstelsels gebruik. Ek en my man het dadelik besef Reformeer Kantoor is die stelsel waarna ons nog altyd op soek was. Ons is opgewonde om meer en meer te ontdek van wat die stelsel alles bied.”
ErnaCross Culture Church

Sit jou kerk op Reformeer.

Admin, finansies en bediening vir die hele kerk, met onbeperkte gebruikers en geen kontrak nie. Ons doen die data-oorskuif saam met julle.